Duitsland reik lasbrief uit vir Markus Jooste se inhegtenisneming

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Oldenberg-streekhof het sowat twee weke gelede ‘n lasbrief vir die inhegtenisneming van Markus Jooste, die voormalige hoof van Steinhoff, uirgereik.

Die aanklaers het in April vir die lasbrief gevra na Markus Jooste nie vir sy verhoor in die stad opgedaag het nie. Jooste kon glo nie na Duitsland reis nie, omdat sy paspoort weg was.

Bernd Gross, Jooste se Duitse prokureur, het gesê dit is “totaal onverstaanbaar” en hy gaan die lasbrief teenstaan. Hy het gesê Jooste werk nog heeltyd saam met die Duitse owerhede en hy sal aanhou om dit te doen.

Bronne: EWN, Business Tech, Daily Maverick

Lees ook:Valke sê hulle het nie Markus Jooste se paspoort nie