Die Gautengse departement van onderwys het aanlyn toelatingsaansoeke se sluitingsdatum tot 21 Julie 2023 verleng.
Steve Mabona het in ‘n verklaring bevestig dat die aansoeke vir 2024 vir graad 1 en graad 8 verleng is.
Die aanvanklike sluitingsdatum vir aansoeke was 14 Julie 2023.
Daar is egter opgemerk dat sommige ouers verkies om dokumente by skole in te dien. Om hierdie rede is uitstel toegestaan sodat daar genoeg tyd is om dokumente nog na die skoolvakansie in te gee.
Die skoolvakansie is van 23 Junie tot 17 Julie 2023.
Daar is reeds meer as 400 000 suksesvolle aansoeke deur die aanlyn aansoeksisteem geprossesseer nadat die aansoekperiode ‘n week gelede op 15 Junie begin het.
Sedertdien is 408 714 aansoeke ontvang wat onderskeidelik 176 975 graad 1-leerlinge en 231 739 graad 8-leerlinge verteenwoordig.
Ouers en voogde word ten spyte van die verlenging aangemoedig om aansoek te doen deur op www.gdeadmissions.gov.za te registreer en dan met die aansoekproses voort te gaan.
Indien hulp benodig word, kan die inbelsentrum by 0800 000 789 gekontak word na 060 891 0361 gewhatsapp word.
“We have seen it fit to give parents and guardians more time to apply and upload or submit documents at schools. We are also proud of having processed over 400 000 applications within a week, this is a testament to our system’s improvement and the demand of the quality education which Gauteng offers,” het Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



