Kourtney Kardashian swanger op 44

Deel hierdie storie / Share this story

Kourtney Kardashian (44), die realiteitstelevisiester, het Vrydag aangekondig dat sy en haar man Travis Barker ‘n baba verwag.

Sy het foto’s op haar sosiale media gedeel nadat sy die aankondiging by ‘n Los Angeles-konsert van Barker gemaak het.

“Overwhelmed with gratitude and joy for God’s blessing and plan,” het sy in haar plasing gesê.

By die konsert het Kardashian ‘n plakkaat omhoog gehou wat sê “Travis I’m Pregnant.”

Foto’s van die oorstelpte paar is gedeel.

Daar bestaan egter vrae hoekom Travis nou eers sou uitvind van die baba wat op pad is, aangesien Kardashian reeds swanger lyk.

Sy het drie kinders by Scott Disick.

Bronne: Kourtney Kardashian Facebook-blad, Entertainment Tonight en Dearly

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.