Netflix keer die deel van wagwoorde met beperkings

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte doodgeskiet tydens inhegtenisneming

Netflix het beperkings ingestel om die deel van wagwoorde te keer. Dit het begin om sy “paid-sharing” diens in te stel in verskeie lande, insluitend Suid-Afrika.

Die doel is om almal wat voorheen wagwoorde gedeel het te dwing om vir ‘n volle Netflix-lidmaatskap te betaal.

Dit volg na Netflix gekla het meer as 100 miljoen huishoudings in die wêreld kyk Netflix sonder om te betaal en dit ondermyn die maatskappy.

Hulle het gesê meeste huishoudings het begin betaal vir Netflix vandat die beperkings ingestel is en min mense het gekanselleer.

Bronne: IT Web, My Broadband, Dallas News

Lees ook: Verdagte doodgeskiet tydens inhegtenisneming