Help om ontvoerde kleuter op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Precious Oliphant (4) is sedert haar vermeende ontvoering op 27 Julie 2023 in die Roodepan-area in die Noord-Kaap vermis.

Die kleuter was ten tyde van die vermeende ontvoering saam met ‘n agtjarige kind.

‘n Onbekende voertuig het glo by die kinders gestop. Die insittendes is beskryf as ‘n man met ‘n ligte gelaat en ‘n swart vrou. Hulle het na bewering vir die kleuter ‘n R1-munt aangebied en haar daarna gegryp en met haar in die voertuig weggery.

Enigiemand wat weet waar die kleuter haar bevind, kan die volgende persone bel:

Kol. Strydom – Galeshewe SAPD GKS – 082 495 0618

Missing Children South Africa – 072 647 7464

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel