‘n Man wat Saterdag aan die Washie 110 Miler-ultramarathon deelgeneem het, is dood nadat hy deur ‘n bus getref is.
Mcebisi Yose is volgens die polisie omstreeks 04:45 deur die bus raakgery op die N6-pad tussen Stutterheim en Oos-Londen.
AO Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die busbestuurder het die polisie gebel.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat Yose op die toneel dood verklaar is.
Medelye is intussen op sosiale media aan sy naasbestaandes betuig.



