Lees ook: Nick Frischke-saak vandag weer in die hof
INDIANA, VSA. – Renjaer Ashlea Albertson (24) is Vrydag oorlede in ‘n beweerde padwoede-ongeluk. Twee voertuie het begin jaag en albei het geweier om die ander voertuig te laat verbygaan.
Een van die bestuurders, Jacob Kelly (31), het beheer oor sy voertuig verloor toe dit begin spin, wat veroorsaak het dat die voertuie teen mekaar gebots het. Albertson, wat ‘n passasier was in Kelly se voertuig, is uitgeslinger. Sy en Kelly is met helikopters na ‘n hospitaal geneem waar Albertson dood verklaar is.
Kelly het nie ernstige beserings gehad nie. Die ander bestuurder, Austin Cooper (22), en sy passasier is ook nie ernstig beseer nie.
Kelly en Albertson sou op 23 Maart 2024 trou.
Bronne: People, New York Post, CNN



