Lees ook: Oorsaak van dood in Senzo Meyiwa-saak in hof bespreek
PRETORIA. – Die ballistiese kenner wat op die Senzo Meyiwa-moordtoneel was, het getuig die koeël wat Senzo Meyiwa doodgemaak het, is deur beskuldigde nommer 3 se vuurwapen afgevuur.
Mthobisi Mncube is in 2015 in ’n aparte saak in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie. Die koeëls wat gekonfiskeer is, is vergelyk met een wat in 2020 op die Senzo Meyiwa-moordtoneel gevind is. Dit is bevind die koeëls is dieselfde.
Chris Mangena het getuig twee skote is gevuur op die dag wat Meyiwa vermoor is. Een het die kombuisvloer getref en een is in Meyiwa se bors in.
Die patoloog het getuig die vuurwapen is teen Meyiwa se bors gedruk toe dit gevuur is. Hy het verder getuig daar was min bloed, want Meyiwa se bloeding was inwendig. Die patoloog het ook getuig Meyiwa is binne sekondes of minute dood.
Bronne: ECR, EWN, News24
Lees ook: Oorsaak van dood in Senzo Meyiwa-saak in hof bespreek



