Lees ook: ‘Julle kan nie neutraal bly nie’ – Russiese ambassadeur oor Suid-Afrika
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, het bevestig president Ramaphosa is besig om die verslag oor Reuben Brigety se eise dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het, te bestudeer.
Reuben Brigety, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het maande gelede gesê Suid-Afrika het die Russiese skip, Lady R, wat verlede Desember in Simonstad was, met wapens gelaai vir die gebruik in Rusland se konflik met Oekraïne.
Brigety het in sy bewerings gesê hy sal sy lewe wed op die feit dat Suid-Afrika wapens aan Rusland voorsien het.
Ramaphosa het ’n komitee aangestel om Brigety se eise te ondersoek, die verslag wat hy die week ontvang het. Die verslag sal nie aan die publiek beskikbaar gemaak word nie.
Verskeie opiniestukke in die media het voorgestel Suid-Afrika moet ontslae raak van Reuben Brigety as sy bewerings oor Lady R ongegrond blyk te wees, aangesien hy glo al voorheen stellings gemaak het wat problematies was.
Bronne: IOL, VN Explorer, Daily Maverick
Lees ook: ‘Julle kan nie neutraal bly nie’ – Russiese ambassadeur oor Suid-Afrika



