Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Rusland se ambassadeur in Suid-Afrika, Ilya Igorevich Rogachev, het gesê “daar is geen plek vir neutraliteit in die moderne wêreld nie”. Dit volg na Rusland vir maande gesê het hulle gaan nie nasies dwing om hulle besluit om Oekraïne in te val ondersteun nie.
Rogachev het gister by die ANC Rusland-Oekraïne dialoog met diplomate in Johannesburg gepraat.
Rogachev het met die Russiese mantra dat Rusland se inval van Oekraïne was om te keer dat Nato nie veld wen in Europa nie, volgehou.
Rogachev het gesê: “Jy kan nie neutraal bly nie, jy sal deur sekondêre sanksies gestraf word. Dis die logika wat hulle (die Weste) nie sal toelaat nie. Jy kan nie neutraal bly en ‘n afstand behou nie”.
In reaksie hierop het die voormalige voorsitter van die ANC se subkomitee vir internasionale betrekkinge, Lindiwe Zulu, verduidelik dat Suid-Afrika nie ‘n konsep kan aanvaar wat nie deur die regerende party onderskryf is nie.
Bronne: Daily Maverick, All Africa, IOL



