Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Franse hoofstad het nog ‘n nag van onrus beleef na die skietdood van ‘n tiener. Die tiener is Dinsdag deur ‘n polisieman in die bors geskiet.
Sy dood het Dinsdag gelei tot brandstigting en skares wat met die polisie slaags raak. Altesaam 31 mense is in hegtenis geneem en 24 polisiebeamptes is beseer.
Brandstigting en nog bakleiery het gister in verskeie dele van Parys voorgekom. Altesaam16 mense is in hegtenis geneem.
Die polisie het in ‘n verslag gesê die polisiebeampte het die tiener geskiet, want hy het op hom afgejaag met sy voertuig. In ‘n video op sosiale media staan twee polisiemanne egter langs ‘n stilstaande voertuig terwyl een van hulle sy vuurwapen op die bestuurder rig.
‘n Stem word wat die bestuurder dreig is hoorbaar voor die polisieman ‘n skoot afvuur terwyl die voertuig probeer wegry. Die tiener, net bekend as Naël M, was ‘n Algerynse afleweringsbestuurder.
Die polisiebeampte (38) wat Naël doodgeskiet het is in hegtenis geneem en word vir strafbare manslag ondersoek.
Bronne: DW – South Africa, Jacaranda FM, National Herald
Lees ook: Hof verklaar opskorting van Zimbabwe-vrystellingspermitte onwettig



