Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, se besluit om die Zimbabwiese vrystellingspermitte op te skort onwettig, ongrondwetlik en ongeldig verklaar.
Motsoaledi se besluit is opsygestel en hy is beveel om dit te heroorweeg. Die hof het ook beveel dat die vrystellingspermitte vir nog 12 maande geldig verklaar moet word.
Regter Colleen Collis het gesê die afwesigheid van deursigtigheid aan die kant van binnelandse sake in omstandighede waar hulle ‘n plig het om hierdie hof in hul vertroue te neem, maar nie het nie, lei tot die gevolgtrekking dat die minister versuim het om regverdiging te bewys om die ZEP-program te beëindig.
Bronne: SABC, Briefly, Mail & Guardian
Lees ook: Lewenslange tronkstraf vir pedofiele



