Kinders van vlugtelinge moet een amptelik taal praat om SA-burgerskap te kry – Binnelandse Sake

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het nuwe regulasies onder die Suid-Afrikaanse burgerskapwet aangekondig wat vereis dat kinders van vlugtelinge of asielsoekers minstens een amptelike taal moet kan praat as hulle Suid-Afrikaanse burgerskap wil hê.

Die nuwe regulasies het op 12 Junie 2023 ingeskop. ‘n Aansoekvorm is by die regulasies ingesluit. Die ouers van die kind moet hulle visums, asielsoekerstatus of vlugtelingstatus saam met die aansoekvorm ingee. ‘n Rapport of brief van die hoof waar die kind vir graad 1 geregistreer is, bewys van adres sedert geboorte, biometriese inligting en die bewys dat die kind een van die amptelike tale van Suid-Afrika ken, moet ook ingesluit word.

Bronne: IOL, News24, Briefly

Lees ook: Vrou glo deur polisiesersant doodgeskiet