‘Menslike oorskot’ in wrakstukke van Titan gevind

Deel hierdie storie / Share this story

“Vermoedelik menslike oorskot” was in die puin van die Titan-doompeltuig se oorblyfsels gevind, het die Amerikaanse Kuswag Woensdag gesê.

Die oorskot is gevind “binne die wrak” van die Titan, het die Kuswag in ‘n mediaverklaring gesê. Die aankondiging kom byna ‘n week nadat die owerhede vasgestel het dat die Titan-dompeltuig in die Noord-Atlantiese Oseaan ingeplof het en al vyf mans aan boord dood is.

Die vermoedelike oorskot, wat deur Amerikaanse mediese spesialiste ontleed sal word, was onder die bewyse van die dompeltuig wat Woensdag by ‘n Kanadese pier aangekom het.

‘n Wit paneelagtige stuk en nog ‘n deel van dieselfde grootte, met toue en drade, met wit seil gedrapeer, was onder die puin wat van die ankerhanteringsvaartuig Horizon Arctic na die Kanadese Kuswag in St. John’s, Newfoundland en Labrador geneem is.