Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
’n Vrou (36) is glo gisteraand deur sersant (43) wat van diens af was, in Bushbuckridge doodgeskiet.u
Volgens ‘n polisieverslag was die vrou agter in die kiosk van die winkel waar sy as ’n kassiere werk toe die sersant ingekom en by die kiosk ingegaan het. Hy is toegelaat om in te gaan, want hy het glo gereeld by die vrou gekuier. Hulle het volgens die verslag ’n argument gehad en die sersant het sy dienspistool uitgehaal en haar verskeie kere geskiet.
Die sekuriteitswag het die sersant in die kiosk toegesluit waarna hy en die ander werknemers gevlug het.
Die polisie het die sersant in hegtenis geneem en hy is aangekla van moord. Opid is ook ingelig en sal ook die saak ondersoek. Die rede vir die moord is nog onbekend.
Die sersant sal môre in die Bushbuckridge-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.
Bronne: SAPS



