Ses mense dood in massaskietery in Durban

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Ses mense is Maandag dood in ‘n massaskietery in Marianhill in Durban.

Die polisie het gesê ‘n groot groep mans was by ‘n huis in Dematstraat in Marianhill vir ‘n vergadering toe van die mans op lede van die groep begin skiet het. Ses mans is dood en een is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Die rede vir die skietery is onbekend en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Bronne: IOL, TimesLIVE, DFA

Lees ook: Kevin Spacey in hof oor klagtes van seksuele aanranding