Vermiste Britse akteur Julian Sands se liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die vermiste Britse akteur Julian Sands (65) se liggaam is identifiseer. Die liggaam van ’n ongeïdentifiseerde man is in die Suid-Kalifornië-berge gevind waar hy vermis geraak het.

Julian Sands het in Januarie vermis geraak na hy in die Mount Baldy gebied gaan stap het. Die liggaam is vyf maande later gevind en is nou identifiseer as Sands.

Die oorsaak van sy dood word steeds ondersoek.

Bronne: Cape Talk, CNN, France24, Fox News

Lees ook: Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry