Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Oldenberg-hof in Duitsland het aangedui hulle probeer nog uitwerk hoe om die voormalige Steinhoff-hoof, Markus Jooste, daar te kry vir sy verhoor.

Die hof het onlangs ’n lasbrief vir Markus Jooste se inhegtenisneming uitgereik na hy nie in die hof verskyn het vir sy verhoor in April nie.

Jooste se prokureur het gesê Jooste se paspoort was weg en dis waarom hy nie sy verhoor kon bywoon nie.

Suid-Afrikaanse owerhede het nog geen uitleweringsversoek van Duitsland vir Jooste ontvang nie. Suid-Afrika het nie ’n uitleweringsooreenkoms met Duitsland nie.

Na wat berig word, is dit bekend gemaak dat Steinhoff ontbind sal word en sy bates geleidelik verkoop gaan word nadat ‘n Nederlandse hof sy skuldherstruktureringsplan goedgekeur het.

Bronne: EWN, TimesLIVE

Lees ook: Geen uitleweringsversoek van Duitsland vir Markus Jooste, sê Ntshavheni