Moord en roof aangemeld by taverne op Hennenman

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Daar was 21 Mei ’n roof by die Buccaneer-taverne op Hennenman waartydens ’n werknemer doodgeskiet is.

Vyf gewapende mans het die aand by die taverne ingegaan, mense gesê om op die vloer te lê en ’n onbekende hoeveelheid geld uit die geldlaai gesteel. Hulle het nog geld geëis en ’n vroulike werknemer gedreig. Die bestuurder van die taverne het by hulle probeer pleit, maar hy is daarop doodgeskiet.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en besigheidsroof en enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te kontak. ‘n Identikit van een van die verdagtes is vrygestel en as iemand hom sien, moet die polisie geskakel word.

Bronne: SAPS

Lees ook: Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry