Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Mthokozisi Khowa (21) is in die Ramsgate-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis plus agt jaar vir ontvoering vir die ontvoering en verkragting van ‘n meisie (14).
Khowa het die meisie op 20 Oktober 2020 ontvoer en herhaaldelik verkrag tot sy ‘n boodskap vir haar suster kon stuur om die polisie te bel en na die huis te stuur.
Phindani Jwara (32) is tot lewenslange tronkstraf vir verkragting en vyf jaar vir ontvoering in die Umlazi-landdroshof gevonnis.
Jwara het ‘n meisie (6) op 26 Desember 2021 ontvoer terwyl sy met haar vriende gespeel het. Een van haar vriende het vir die slagoffer se ma gesê Jwara het die meisie na sy shack gedra. Die meisie se ma het na sy shack gegaan waar sy hom gevang het terwyl hy haar kind verkrag. Die Umlazi-polisie het die verdagte in hegtenis geneem.
Bronne: SAPS
Lees ook: Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry



