Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Drie verdagtes is gister in Pietermaritzburg in hegtenis geneem vir bedrog, geldwassery en die oortreding van die Inkomstebelastingwet.
Raj Gopi (59), Radharukmoney Gopi (61) en Harichans Rampersad (61) is in hegtenis geneem na hulle glo die departement van onderwys in KwaZulu-Natal bedrieg het deur middel van “cover quoting”.
Die departement het meer as R85 miljoen in die finansiële jaar van 2012/2013 en 2016/2017 aan hulle betaal.
’n Saak van bedrog is by die Pietermaritzburg-polisie aangemeld en is aan die Valke oorhandig.
Die drie verdagtes het vandag vlugtig in die Durbanse hof vir gespesialiseerde handelsmisdaad verskyn. Die saak is uitgestel tot 10 Julie en nog inhegtenisnemings word verwag.
Bronne: SAPS



