SANDSLOOT, MAHWELERENG, LIMPOPO. – Wallen Tatesi Nthusi Ngoepe (20) is na bewering by ‘n skoolkamp met ‘n voorwerp oor die kop geslaan. Nadat hy gehositaliseer en ontslaan is, het hy tuis gesterf. ‘n Mede-skolier (20) is Dinsdag 22 Augustus 2023 vir die beweerde moord in hegtenis geneem.
Kol. Malesela Ledwaba sê die geregtelike doodsondersoek het tot die inhegtenisneming gelei.
Luidens Ledwaba het die ondersoek van die geregtelike doodsondersoek voortgegaan terwyl die nadoodse ondersoek se uitslae afgewag word. Die klag is intussen na moord verander.
Ledwaba sê omstandighede van die insident word steeds ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



