Sakeman by gewilde koffiewinkel in Rustenburg doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Geen vingerafdrukke gevind op deur gebruik deur beweerde moordenaars in Senzo Meyiwa-saak

RUSTENBURG. – ’n Sakeman van Noord-Wes is gister by ’n koffiewinkel in Rustenburg doodgeskiet.

Jabulani Ben Gumbi is deur twee onbekende gewapende mans genader terwyl hy op sy selfoon besig was. Hy is drie keer geskiet en toe hy val, is hy nog ’n keer geskiet. Een van die koeëls het hom in die kop getref. Die verdagtes het gevlug.

Die polisie ondersoek die moord.

Volgens TimesLIVE het Gumbi se familie gesê hy het ‘n doodsdreigement ontvang oor ’n dispuut grondontwikkeling. Hy het ’n video gemaak waarin hy oor die dreigemente praat.

Bronne: IOL, Twitter, African Insider, iReport South Africa

Lees ook: Geen vingerafdrukke gevind op deur gebruik deur beweerde moordenaars in Senzo Meyiwa-saak