Beskuldigde vir R14.7 miljoen ‘Eskom-verwante misdade’ gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

MIDDELBURG, MPUMALANGA. – Patric Patrese Jones (55) word deur die Valke vir beweerde Eskom-bedrog, diefstal en geldwassery van R14.7 miljoen gesoek.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi sê na bewering het die beskuldigde gedurende April 2023 met Thandeka Innocntia Nkosi (42), wat die betrokke tyd as ‘n senior koper vir Eskom gewerk het, saamgesweer.

Ondersoek het aan die lig gebring Jones en Maria Cantelo (53), sy meisie en ‘n buitelandse burger, asook nog famililede, is glo saam by die misdade betrokke.

Godfrey Jason Jones (46) sy broer, was ‘n ondertekenaar vir Angel Frost Beleggings Edms. Bpk. se besigheidsrekening by Standard Bank. Rabela Sarah Jones (71) sy ma, was die direkteur van Angel Frost Beleggings Edms. Bpk. en Angel Frost Beleggings Edms. Bpk.

Volgens Sekgotodi sou Cantelo die tenderprosesse namens Angel Frost Beleggings Edms. Bpk. behartig en het van die wins van die misdaad gebaat. Sy is op Vrydag 5 April 2023 deur die Valke in hegtenis geneem, saam met Nkosi, Godfey Jason Jones en Rabela Sarah Jones. Borg van R100 000 elk is in Hendrina- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof toegestaan, behalwe Rabela Sarah Jones wat R30 000 borg weens gesondheidsprobleme ontvang het.

Die saak is tot 28 Augustus 2023 uitgestel sodat die beweerde meesterbrein, Patric Patrese Jones, in hegtenis geneem kan word.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan kapt. Thilani Twala by 071 481 3437 bel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel