Man wat SAPD-generaal beskuldig van verhouding met vrou moet skadevergoeding betaal

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Geen vingerafdrukke gevind op deur gebruik deur beweerde moordenaars in Senzo Meyiwa-saak

MAHIKENG. – ‘n Man wat valslik ‘n SAPD-generaal van ‘n verhouding met sy vrou beskuldig het, sal R230 000 skadevergoeding aan die generaal vir naamskending moet betaal.

Die generaal het na die hooggeregshof in Mahikeng gegaan waar hy R1.5 miljoen is skadevergoeding van die man wou eis. ‘n E-pos is aan die polisie gestuur om te kla oor die generaal wat die man gedink het in ‘n verhouding met sy vrou was. Sy vrou was ‘n konstabel by ‘n ander polisiestasie.

Die vrou het glo ‘n verhouding gehad met iemand wat sy “generaal” genoem het. Gesprekke wat op haar selfoon gevind is, was in Setswana. Die generaal het getuig hy kan net Afrikaans en Engels praat.

Die regter het bevind die man se e-pos was naamskending en hy het die aantygings sonder goeie rede gemaak.

Bronne: IOL, Flipboard, Press Reader

Lees ook: Geen vingerafdrukke gevind op deur gebruik deur beweerde moordenaars in Senzo Meyiwa-saak