Lees ook: Geen bloed op koeël by Senzo Meyiwa-moordtoneel sê getuie
PRETORIA. – Kol. Thobeka Mhlahlo het vandag verder getuig in die Senzo Meyiwa-moordverhoor. Thabo Mosia het voorheen getuig geen vingerafdrukke is van die kombuisdeur geneem nie, want te veel mense het dit gebruik. Die beweerde rowers het glo by die kombuisdeur ingekom.
Mhlahlo het getuig sy het die volgende dag vingerafdrukke van die deur af probeer kry, maar daar was geen vingerafdrukke op die deur nie.
Sy het gesê dit was skoon met geen vingerafdrukke daarop nie.
Senzo Meyiwa is in 2014 in sy meisie Kelly Khumalo se huis in ‘n beweerde roof doodgeskiet. Vyf mans word tans verhoor vir sy moord.
Bronne: EWN, Head Topics, SABC
Lees ook: Geen bloed op koeël by Senzo Meyiwa-moordtoneel sê getuie



