Geen bloed op koeël by Senzo Meyiwa-moordtoneel sê getuie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moordverhoor sê hy is ‘moeg vir getuig’

PRETORIA. – ’n Nuwe staatsgetuie in die Senzo Meyiwa-verhoor het gesê geen bloed is op die koeël gevind wat in die kombuis gevind is nie. Sy het ook getuig daar was geen bloed by die kombuisdeur of kombuiskas nie.

Kol. Thobeka Mhlahlo het die verslag geskryf, foto’s geneem, vingerafdrukke ondersoek en ’n skets van die Khumalo-huis se vloerplan gemaak.

Mhlahlo was die persoon wat die koeël op die kombuiskas gekry het die dag na die moord op Senzo Meyiwa, dit bevestig Mosia se getuienis.

Mosia het getuig hy het slegs ’n fragment van ’n koeël op die kombuisvloer gesien toe hy die eerste keer daar was. Hy het gesê Mhlahlo het die koeël gekry toe hy die tweede keer daar was.

Mhlahlo het getuig die koeël kon van die kombuisdeur af gebons het toe die wapen afgevuur is en toe op die kas geland het. Sy het gesê een van die foto’s wat sy geneem het wys dele van die kasdeur.

 Die verdediging het gesê sy het die koeël daar geplant, maar sy het die aantygings ontken.

Bronne: The Citizen, SABC, IOL

Lees ook: Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moordverhoor sê hy is ‘moeg vir getuig’