Polisiebeampte in Senzo Meyiwa-moordverhoor sê hy is ‘moeg vir getuig’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Regter in Senzo Meyiwa-saak kritiseer polisie

PRETORIA. – Thabo Mosia, die eerste ondersoekbeampte op die moordtoneel, het gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof in die Senzo Meyiwa-verhoor getuig.

Mosia het gekla oor hoe lank hy al moes getuig. Hy het Woensdag sy getuienis begin. Hy het gesê hy is moeg vir getuig en sy liggaam kan dit nie meer hanteer nie, want hy het ’n chroniese siekte.

Advokaat Zithulele Nxumalo, wat een van die moordverdagtes verteenwoordig, het gevra vir sy notaboek wat hy die aand van die moord gebruik het. Mosia het gesê hy het nie meer die notaboek nie.

Nxumalo het aangedring hy moet die notaboek bring en advokaat Charles Mnisi het saamgestem.

Die regter het gesê dit is nie vreemd vir notaboeke om weg te raak nie.

Dis toe dat Mosia sê hy is chronies siek en verstaan nie hoekom hy nog moet getuig nie.

Tydens Mosia se getuienis het hy erken hy het nie enigiemand wat in die huis was getoets om vas te stel of hulle onlangs ’n vuurwapen afgevuur het nie. Hy het ook getuig dit het vier uur geneem vir hom om by die moordtoneel te kom en hy het nie die kombuisdeur getoets nie. Mosia het ook gesê ’n koeël is die dag na Senzo Meyiwa se moord. op die kombuiskas gekry.

Bronne: IOL, EWN, SABC

Lees ook: Regter in Senzo Meyiwa-saak kritiseer polisie