Regter in Senzo Meyiwa-saak kritiseer polisie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte sê daar was twee koeëlgate op Senzo Meyiwa-moordtoneel

PRETORIA. – Die polisie het verlede week in die moordverhoor van Senzo Meyiwa getuig. Sers. Timothy Mathebula het getuig oor hoe hy en twee leerling-konstabels na die toneel gestuur is waar hulle Kelly Khumalo se oom, Themba Khumalo, wat ook ’n polisiebeampte is, gekry het.

Mathebula het getuig Themba het gesê die mense wat weet wat gebeur het, is by die hospitaal en hy weet net Senzo Meyiwa is geskiet.

Mathebula het getuig hulle kon nie bloed of koeëls sien nie, dus is die moordtoneel nie afgebaken nie en hulle is na die hospitaal toe. Daar is hulle meegedeel Meyiwa is dood. Daarna is hulle met Kelly Khumalo se ma terug om de huis af te baken.

Regter Ratha Mokgoatlheng het die ondersoekwerk wat daardie aand gedoen is, gekritiseer. Hy het ook die polisiebeamptes gekritiseer omdat hulle nie uit hulle voertuig geklim het om te kyk waarheen die verdagtes kon vlug nie.

Die verhoor sal 15 September afsluit.

Bronne: Daily Maverick, IOL, AllAfrica

Lees ook: Polisiebeampte sê daar was twee koeëlgate op Senzo Meyiwa-moordtoneel