Nóg ‘n boer (Louis) het verloof geraak

Deel hierdie storie / Share this story

Boer Soek ‘n Vrou het nog ‘n verlowing opgelewer toe Louis M en Annique verloof geraak het.

Marciel Hopkins het hierdie verlowing, ook van Seisoen 15, op sosiale media bekend gemaak.

Sy het later gesê dit is die twaalfde verlowing van drie seisoene van die gewilde Boer Soek ’n Vrou-program waaraan sy gedeel gehad het.

Sy het verder met die sukses van die program gespog deur te noem van drie babas wat reeds gebore is en twee wat nog op pad is.

“Só aandag alle enkellopende boere: NOÚ is jou kans om in te skryf vir seisoen 16! Gaan na kykNET tv vir meer inligting.”

kykNET

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel