ZWELITSHA, OOS-KAAP. – Lt.kol. Sandile Matam (51) het Sondagoggend 20 Augustus 2023 in ‘n ongeluk in Tyinirhastraat gesterf, waarna sy dienspistool op die toneel gesteel is.
Kol. Priscilla Naidu sê Matam het glo in sy Toyota Avanza by ‘n verkeersirkel in die rigting van ‘n inkopiesentrum gery. Na bewering het ‘n Toyota Quantum teen die bestuurderskant van Matam se voertuig vasgery.
Matam is op die toneel oorlede en die bestuurder van die Quantum is vir dronkbestuur en strafbare manslag in hegtenis geneem.
Met ondersoek op die toneel is gevind Matam se 9 mm-dienspistool is gesteel, waarna ‘n saak van diefstal van ‘n vuurwapen ook geregistreer is en ondersoek word.
Die verdagte bestuurder (31) van die Quantum sal vandag in die Motherwell-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



