Lees ook: Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor
WASHINGTON, VSA. – Donald Trump het Sondag bevestig hy gaan nie deelneem aan die week se eerste Republikeinse presidensiële debat nie. Sy argument is Amerikaners ken hom klaar goed genoeg, dus is daar geen rede vir ’n debat met sy mededingers vir die Wit Huis nie.
Hy het op sy platform Truth Social gepraat oor sy uiters suksesvolle rekord as president en wat hy beskryf as sy gewildheid onder die Amerikaanse volk.
Die eerste debat vir die 2024- Republikeinse presidensiële nominasie sal Woensdag in Milwaukee, Wisconsin plaasvind.
Trump is vanjaar in vier kriminele sake aangekla.
Bronne: EWN, The Irish Times, The Guardian
Lees ook: Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor



