Donald Trump se prokureurs stel 2026 voor vir verkiesingverhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Donald Trump kan teen 4 Maart 2024 op Georgia-aanklagtes verhoor word

WASHINGTON, VSA. – Donald Trump se prokureurs het gister gevra die verhoor oor die 2020-verkiesing moet vir April 2026 geskeduleer word.

Sy prokureurs het vir 2026 gevra, aangesien dit na die November 2024-verkiesings, waarin Trump die voorloper is, sal wees.

Jack Smith, wie se kantoor die federale saak teen Trump aangebring het, het verlede Donderdag gevra die verhoor moet vir 2 Januarie 2024 geskeduleer word.

Bronne: The Jerusalem Post, Reuters, ABC News

Lees ook: Donald Trump kan teen 4 Maart 2024 op Georgia-aanklagtes verhoor word