Lees ook: Kaapstad bevestig 14 taxi’s geskut in laaste paar dae
UMHLANGA. – Die man van die DA-raadslid, Remona McKenzie is vroëer die week by ‘n uMhlanga-hotel geskiet.
Terrance McKenzie is in die kelder van ‘n uMhlanga-hotel in die maag geskiet en die koeël het in sy pelvis beland. Hy is stabiel en gaan binnekort geopereer word om die koeël te verwyder.
Raadslid Remona het aan IOL vertel dat Terrance, ‘n lyfwag, glo sy kliënt by die hotel afgelaai het toe hy deur twee mans genader is. Een van die mans het glo vir hom gesê hulle het vir hom gewag. Die skieter het sy vuurwapen uitgehaal. Terrance het homself verdedig, maar is geskiet, waarna die verdagtes gevlug het.
Die polisie ondersoek die saak.
Bronne: IOL, VN Explorer, News365, The Africa
Lees ook: Kaapstad bevestig 14 taxi’s geskut in laaste paar dae



