Lees ook: Altesaam 67 Pakistanse burgers toegang tot Suid-Afrika geweier
KAAPSTAD. – Die Stad Kaapstad het bevestig 14 minibustaxi’s is oor die laaste paar dae geskut.
Die stad het gesê die skutting is ‘n nakoming van die ooreenkoms wat hulle verlede Donderdag met die Suid-Afrikaanse nasionale taxi-sambreelliggaam Santaco bereik het.
Agt taxi’s is Vrydag geskut en ses Saterdag.
Santaco en die owerhede gaan oor die volgende twee weke saamwerk aan ‘n lys van oortredings wat die skut van voertuie tot gevolg sal hê, asook ‘n lys van minder ernstige oortredings wat nie die skut van voertuie sal regverdig nie.
Bronne: EWN, The Africa, Cape Town ETC, SABC
Lees ook: Altesaam 67 Pakistanse burgers toegang tot Suid-Afrika geweier



