Altesaam 67 Pakistanse burgers toegang tot Suid-Afrika geweier

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman dank regsverteenwoordiger af na vonnisoplegging

JOHANNESBURG,- Die owerhede by die OR Tambo- internasionale lughawe het 67 Pakistanse burgers wat die land sonder die nodige papierwerk probeer binnekom het teruggestuur na hulle land toe.

Die 67 Pakistani’s het Sondag vanaf Dubai in Suid-Afrika geland. Hulle het nie die nodige papierwerk gehad om die land in te kom nie en kon nie verduidelik hoekom hulle hier was nie.

Hulle is op hulle eie onkoste deur die departement van binnelandse sake teruggestuur na hulle land toe.

Die minister van binnelandse sake het gesê verskeie hotelle het gekla oor die Pakistani’s wat besprekings by hulle gemaak het, maar nooit opgedaag het nie. Die hotelle het so geld verloor.

Bronne: EWN, Briefly, TimesLIVE

Lees ook: Gerhard Ackerman dank regsverteenwoordiger af na vonnisoplegging