Lees ook: Sewe polisiebeamptes in hegtenis wat glo geld steel
STUTTGART, DUITSLAND. – ’n Man (35) is gister oorlede na hy Saterdag kritiek beseer is toe hy deur weerlig in ’n biertuin getref is.
Die man het onder ’n boom gesit in die biertuin van ’n restaurant toe die weerlig die tuin tref. Drie mense moes op die toneel behandel word. ’n Seun (11) en vrou (43) is steeds in die hospitaal. Die vrou is in ‘n kritieke toestand.
Die polisie het gesê die meeste mense het in die restaurant gaan wag toe hulle die storm sien kom, maar ses mense, waaronder die oorledene, het onder die boom bly sit.
Bronne: DW – South Africa, InDaily, VN Explorer
Lees ook: Sewe polisiebeamptes in hegtenis wat glo geld steel



