Sewe polisiebeamptes in hegtenis wat glo geld steel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie voer klopjag uit in Johannesburg-middestad

STELLENBOSCH. – Sewe polisiebeamptes wat glo geld gesteel het tydens die inhegtenisneming van  beweerde dwelmhandelaars is in hegtenis geneem.

Die polisie was Woensdag besig om twee beweerde dwelmhandelaars in hegtenis te neem toe hulle geld en dwelms gekonfiskeer het.

Die polisiebevelvoerder wat die mans in hegtenis geneem het, het na die tyd uitgevind die geld is nooit geregistreer of oorhandig vir bewyse nie.

‘n Soektog is geloods en die geld is glo in die polisielede se sakke, baadjies en voertuie gekry. Ses mans en een vrou is in hegtenis geneem op aanklagte van diefstal. Hulle sal binnekort in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

Bronne: IOL, News24, The Africa, The Pink Brain

Lees ook: Polisie voer klopjag uit in Johannesburg-middestad