Goedvoel-storie: Polisievroue knap huis vir ma en kinders op

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Familie met ‘n ma en ses kinders se sinkhuis is deur polisievroue van sosiale misdaadvoorkoming, Vroue Netwerk, GPF en veiligheidsvrywilligers opgeknap.

Sers. Dikeledi Gopane sê die ma is werkloos.

Die opgeknapte sinkhuis is by ‘n spesiale geleentheid wat deur kapelaan Volgraaff geopen is aan die familie oorhandig. Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale kommissaris, asook die stasiekommissaris sowel as die distrikskommissaris en verteenwoordigers van Kimberley se Vroue Netwerk, was by die geleentheid teenwoordig.

Genl. Otola het die polisielede wat na minderbevoorregtes uitreik, bedank en vroue aangemoedig om in die geveg teen misdaad saam te staam en mekaar te ondersteun.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel