KRUGER NASIONALE PARK. – Kobus de Wet is Saterdag 12 Augustus 2023 deur ‘n seekoei in die Krugerwildtuin aangeval, waarna hy gesterf het.
Isaac Phaahla sê De Wet was ‘n senior bestuurder vir omgewingsmisdaadondersoeke by Sanparke en in Groenkloof, Pretoria, gebaseer. Volgens Phaahla het De Wet in die Krugerwildtuin gekamp toe ‘n seekoei hom bestorm en aangeval het.
Omstandighede wat tot die insident gelei het, word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



