Gerhard Ackerman dank regsverteenwoordiger af na vonnisoplegging

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman gevonnis

Gerhard Ackerman het sy regsverteenwoordiger afgedank en gevra vir ‘n nuwe verhoor na hy vandag gevonnis is.

Ackerman, wat skuldig bevind is op meer as 700 aanklagtes, insluitend mensehandel, verkragting, die seksuele gereedmaking van minderjariges, poging tot moord en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, is 12 lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê. Die vonnisse sal aaneenlopend uitgedien word.

Hy is ook onbevoeg verklaar om met kinders te werk. Regter Mohamed Ismail het gesê Ackerman het geen berou tydens die verhoor gewys nie.

Ismail het gesê Ackerman moet sy mosie vir ‘n herverhoor met die hof en staat een 15 November indien en die mosie sal dan op 30 November aangehoor word.

Bronne: IOL, eNCA, The Citizen

Lees ook: Gerhard Ackerman gevonnis