Gerhard Ackerman gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Gerhard Ackerman is vanoggend op meer as 700 aanklagtes skuldig bevind en 12 lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê.

Gerhard Ackerman is op 24 April 2023 skuldig bevind en vir psigiatriese evaluasie gestuur. ‘n Twee seksuele aanranding-verhoor is ook aan die gang waarin Ackerman die beskuldigde is.

Die klagtes waarop Ackerman skuldig bevind is, sluit mensehandel, poging tot moord, die seksuele gereedmaking van minderjariges, die misbruik van kinders, kinderpornografie en verkragting in.

Bronne: EWN, eNCA, News24

Lees ook: Gerhard Ackerman se tweede seksuele aanrandingsaak uitgestel tot Julie