Gerhard Ackerman se tweede seksuele aanrandingsaak uitgestel tot Julie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman skuldig op verskeie aanklagtes

Gerhard Ackerman was Woensdag vir die seksuele aanranding van ‘n 11-jarige seun by die Morningside Country Club in Augustus 2018 in die hof.

Die saak was slegs vir ‘n paar minute in die Alexandra-landdroshof waarna dit uitgestel is weens beurtkrag.

Ackerman, wat skuldig bevind is op meer as 700 aanklagtes van mensehandel, poging tot moord, uitbuiting van minderjariges, verkragting, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, sal op 18 Julie gevonnis word in die kinderseksringsaak.

Die tweede saak teen hom is na twee uur weens beurtkrag uitgestel en sal in Julie weer in die hof voorkom.

Bronne: EWN, News24, HeadTopics, Twitter

Lees ook: Gerhard Ackerman skuldig op verskeie aanklagtes