Leerling se kankerbehandeling begin vandag

Deel hierdie storie / Share this story

UITENHAGE. – Maxine Blignaut, ‘n gr. 3-leerling van Laerskool Handhaaf op Uitenhage in die Oos-Kaap sal vandag na ‘n kankerdiagnose met chemoterapie begin behandel word.

Die skool het die nuus van fase 4-klierkanker op hul Facebook-blad bevestig nadat uitslae van Maxine se mamma ontvang is.

Die skool se blad kan gevolg word vir besonderhede aangaande ‘n spesiale funksie wat op 2 September vir fondsinsameling vir Maxine sal plaasvind.

Lees die skool se plasing hier onder:

Nuus oor Maxine: Mamma het laat weet- Die uitslae het gekom en dit is fase 4 klierkanker. Die kanker het versprei na die lewer en niere. Die dokters gaan vir die volgende 3 weke intensiewe behandeling doen. Chemo vir 3 weke aaneen. Bid asb. vir hierdie lyfie. Sy gaan deur baie gaan die volgende 3 weke en die dokters sê sy gaan baie swak wees.

Ons bly aanhou glo sy is ‘n sterk mensie en gaan hard baklei🙏

1 Tess 5:17

Bid gedurig 🌸

Die skool se plasing het Sorina aka Flooze Fan Page se aandag getrek, waarna sy onderstaande plasing gedeel het saam met ‘n video-opname van skoolmaats wat vir Maxine op haar jongste liedjie dans.

Lees Sorina se plasing en kyk na die video-opname op haar of die skool se Facebook-bladsye:

Laerskool Handhaaf my respek vir julle is massief en my trane sit vlak toe ek op julle blad al die mooi en bemoedigende boodskappies vir die klein dogtertjie sien. En liefste Maxine, jy is beslis ons champion soos jou maatjies vir jou dans. God hou jou handjies styf vas en ek bid saam met jou maats vir genesing, my liefste tjommie champion.

Facebook tjomme, Maxine is n gr 3 dogtertjie wat gediagnoseer is met kanker. Kan elkeen asb intree vir haar en haar gesin en saam bid vir genesing in daardie klein lyfie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel