Lees ook: Céline Dion veg moedig teen siekte wat haar lamlê
VSA. – Dr. Howard Tucker is op 101 steeds ‘n praktiserende mediese dokter en neuroloog van Cleveland in die VSA. Hy is deur die Guiness World Records aangewys as die “oudste praktiserende dokter”. Tucker werk al van 1947 af en het nog nooit opgehou nie.
In ‘n brief aan CNBC het dr. Tucker geskryf baie mense vra hoe hy nog sy brein na al die jare skerp hou. Hy het gesê dis sterk gene en geluk, maar hy het raad gegee oor hoe om jou brein aktief te hou.
Die eerste raad wat hy het, is om aan te hou werk. Hy wys op studies wat gedoen is wat wys mense wat aftree se breine krimp vinniger.
Hy het ook gesê jy moet sosiaal bly, want sterk verhoudings help met jou geheue en breinfunksie.
Sy laaste raad was om vir plesier te lees. Hy het verduidelik lees vereis dat die brein meer inligting moet inneem en hy glo dit help om jou brein aktief te hou.
Bronne: IOL, CNBC, The Africa, New York Post



