GOURITZ. – Vier persone is dood, een vermis en twee het oorleef toe hul vissersboot op Dinsdag 8 Augustus 2023 omstreeks 01:50 op die rotse beland het.
Die NSRI sê die May Day-noodroep het min inligting gegee, behalwe dat dit moontlik van die Gauritz-area in die Suid-Kaapse kuslyn gemaak is. Twee plaaslike vissersbote en die GPF het by die kuslynsoektog aangelsuit.
Omstreeks 03:00 het ‘n NSRI-voertuig, 5 km wes van die Gouritzriviermond op ‘n plaaslike vissersboot afgekom wat op die rotse was. Die skipper is uit vlak branders van die rotse gehaal. Hy het gesê hy het KPR op een van sy ses bemanningslede toegepas, maar die area was reeds deur diehooggety oorspoel.
Daar was sewe persone aan boord van die erg beskadigde boot. ‘n Bemanningslid is van die boot gered, waarna beide skipper en bemanningslid vir hipotermie behandel is.
Tydens die voortgesette soektog is vier liggame gevind, maar daar sal voortgegaan word om die vermiste man te probeer opspoor.
Dit is onbekend waarom die boot op die rotse geloop het
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



