Oscar Pistorius neem geveg vir parool na konstitusionele hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte getuig in Senzo Meyiwa-verhoor

GAUTENG. – Oscar Pistorius het gevra die konstitusionele hof moet die “verwarring” opklaar oor wanneer hy in aanmerking vir parool sal kom.

Dit volg na Pistorius (36) vroeër die jaar parool geweier is. Hy neem nou die geveg na die konstitusionele hof om die besluit omgedraai te kry met die argument dat hy lank genoeg in die tronk was om in aanmerking vir parool te kom.

Pistorius het gesê die appèlhof het “verwarring” veroorsaak oor wanneer sy moordvonnis begin het en hy voel hy is lank genoeg agter tralies om op parool vrygelaat te word. Hy het ook aan News24 gesê elke dag wat hy gekeer word van aansoek doen vir parool is ’n skending van sy regte.

Pistorius is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013.

Bronne: The Citizen, Cape Talk, News24

Lees ook: Polisiebeampte getuig in Senzo Meyiwa-verhoor