NOORD-KAAP. – Mnr. Charles Compaan (80) van Griekwastad wie se voertuig ‘n lekband gehad het, is Sondag 11 Augustus 2023 omstreeks 17:30 deur polisielede kol. Kholakele Sontsi en konst. Veronique Magerman van OOP langs die N8 tussen Griekwastad en Campbell gehelp.
Lt.kol. Thabo Litabe sê die twee lede, wat nie in uniform was nie, het nie gehuiwer om te stop en hulp aan te bied nie. Compaan was verbaas oor die vreemdelinge wat hulp aanbied, maar het dit gretig aanvaar.
Die lede, wat ‘n Vrouemaand-funksie bygewoon het, sê Compaan was besig om die band te probeer ruil en het sigbaar gebewe. Hy het verduidelik hy het nie ‘n skerp voorwerp by hom om die kabelbinder wat die wieldop in plek hou, los te sny nie.
Kol. Sontsi het die wielmoere losgemaak en verduidelik: “Those wheel nuts were so tightly screwed in and I don’t think that the old man would have succeeded to unscrew them himself. I was also having a challenge myself to remove them, but I persevered and managed to unscrew them all and safely exchanged the wheel.”
Litabe sê Compaan het net lof vir die twee lede: “They were both neatly dressed, but they did not worry about it as their only quest was to assist me. All that I am asking from the SAPS managers is that they look after such members as it is no longer the norm to come across police officers of such a caliber in South Africa. I wish them well in their future.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



