Polisiebeampte getuig in Senzo Meyiwa-verhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hof hoor Senzo Meyiwa-moordtoneel is nie bewaak nie

PRETORIA. – Een van die polisiebeamptes wat op die toneel van Senzo Meyiwa se moord reageer het, het gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof getuig. Sers. Timothy Mathebula het getuig hy het eers besef hulle is besig met ’n ernstige misdaad toe hy Senzo Meyiwa se liggaam in die Botshelong-hospitaal gesien het.

Mathebula het voorts getuig hy en drie kollegas is na die Khumalo-huis in Vosloorus gestuur oor ’n skietery op 26 Oktober 2014. Hulle is na die huis waar Kelly Khumalo se oom, ook ’n polisieman, hulle gekry het en by die huis laat ingaan het.

Mathebula het gesê hulle is ingelig Meyiwa is geskiet, maar hulle het nie bloed of die koeël gesien tydens hulle kort soektog nie. Hulle het nie die toneel afgebaken nie en is na die hospitaal toe waar hulle na Meyiwa se liggaam geneem is. Dit was by die hospitaal wat Mathebula besef het die huis is ’n misdaadtoneel.

Hulle is terug na die huis met Kelly Khumalo se ma, wat op pad na die huis vertel het wat gebeur het.

Hulle het eers toe hulle die tweede keer by die huis kom die toneel afgebaken en die bloed, koeël en skade aan die kombuisdeur gesien.

Bronne: IOL, TimesLIVE, The Citizen

Lees ook: Hof hoor Senzo Meyiwa-moordtoneel is nie bewaak nie