Lees ook: Nuwe getuie word verwag in Senzo Meyiwa-verhoor
JOHANNESBURG. – Polisiebeampte Patrick Mthethwa het erken die moordtoneel van Senzo Meyiwa is onbewaak gelos lank voor dit vir ondersoek afgebaken is.
Mthethwa was een van diegene wat eerste op die toneel was in Vosloorus die aand wat Senzo Meyiwa doodgeskiet is.
Hy het in sy getuienis gesê niemand kon hulle inligting gee toe hulle by die toneel aankom nie. Hulle is toe na die hospitaal gestuur, waar Meyiwa was vir behandeling, om verklarings te kry.
Mthethwa het ook erken hulle het nie die beskermende klere aangehad toe hulle by die toneel aangekom het om dit te bewaak nie.
Bronne: EWN, IOL, The Citizen



